Die plaaslike rockers Zebra & Giraffe is terug met ’n splinternuwe liedjie van hul vierde album, Knuckles. “Dié lirieke is iets nuuts vir my – dit is nie so donker soos die vorige album nie,” het die hoofsanger, Greg Carlin, gesê. “In hierdie liedjie het ek regtig die idee van ’n ‘donker verlede’ (waaroor ek in die verse sing) probeer kontrasteer met ’n opbouende koor waarin ek nuwe liefde aanvaar. Ek geniet regtig die kontras tussen die twee temas in die liedjie.” Ons is self dol daaroor!

-      Lara Atson