Matthew Sanchez, ’n brandweerdienswerker, is geskors hangende ’n ondersoek na die omstandighede rondom die dood van Jaydon Chavez-Silver.

Die 17-jarige is dood aan ’n skietwond nadat hy by ’n partytjie in Albuquerque in die Amerikaanse deelstaat Nieu-Mexiko aangeval is.

In ’n 911-oudio-opname van drie en ’n half minute wat Albuquerque se brandweerdiens uitgereik het, word gehoor hoe Jayden se vriendin Matthew om hulp smeek terwyl hy sterwend lê.

  • Beller: “Ek hou om lewend!”
  • Operateur: “Oukei, haal hy nie asem nie?”
  • Beller: “Skaars! Nog een asemteug! Nog een asemteug! Daar’s hy, Jaydon. Nog een asemteug! Daar’s hy, Jaydon. Wel gedaan! Bly by my, oukei? Oukei? Daar’s hy, mooi so, Jaydon!”
  • Operateur: “Haal hy asem?”
  • Beller: “Hy haal skaars asem. Hoeveel keer moet ek dit f***** vir jou sê?”
  • Operateur: “[Verposing] Oukei, weet jy wat, Mevrou? Jy kan dit self hanteer. Ek gaan dit nie hanteer nie, oukei?”
  • Beller: “Nee, my vriend is sterwend, ek benodig . . . [die oproep word afgesny]”

Jaydon is later in die hospitaal dood.

Die brandweerhoof, Dave Downey, het in ’n verklaring gesê: “Nadat ek van die beweerde wangedrag gehoor het, is die drywer Matthew Sanchez dadelik uit die versendingsentrum verwyder en administratiewe werk gegee.

“’n Interne ondersoek is begin. As brandweerhoof neem ek die bewering baie ernstig op.”

Die brandweerdiens het bygevoeg die nooddienste is wel na die huis gestuur voor die oproep beëindig is.

LUISTER HIER NA DIE OPNAME:

Bronne: Buzzfeed, People.com, Soundcloud