[caption id="attachment_150401" align="alignnone" width="600"]FOTO: Gallo Images/AFP FOTO: Gallo Images/AFP[/caption]
Robert Willemse was by die 17de putjie toe hy sien ’n reuseslang is besig om ’n kangaroe op ’n skoonveld daar naby te verslind. Hy het hom onmiddellik nader gestaan.

“Die slang het die kangaroe in ’n knelgreep gehad en was besig om dit in te sluk,” het die opgewonde Robert volgens The Telegraph gesê. Die enorme luislang het vermoedelik uit ’n boom op die gholfbaan geval, waar hy sy prooi gevind en begin verslind het.

Die gefassineerde Robert het foto’s geneem en toe verder gholf gespeel.

“Nadat ander gholfspelers en personeellede ook kom kyk het, het ek gehoor die slang het die kangaroe heel ingesluk, na ’n nabygeleë droë spruitjie gerol en toe die bosse ingeseil – waarskynlik om sy taamlike groot maaltyd te verteer.”

Kenners het aan die BBC gesê dié soort luislang, bekend as ’n scrub python, is die grootste roofdier in Australië en kan maklik ’n dier so groot soos ’n krokodil verorber.

Praat van ’n, wel, glibberige situasie!

Hier is foto’s van nog gevalle waar luislange met hul middagete stoei:

Bronne: BBC, The Telegraph