Netwerk24 berig Maureen Bamert (29) was deel van 'n vrywilligersgroep wat na Suid-Afrika gekom et om meer van die wildlewe hier te leer.

Michael Job, die direkteur van Siyafunda, sê Maureen was net 'n week by hulle toe die voorval gebeur het. Die Laevelder, 'n plaaslike koerant, berig Maureen het op die aand voor haar dood glo in 'n gedeeltelik bedekte houthut geslaap.

Die kamp waarin sy geslaap het was baie afgeleë en niemand was naby haar nie. Volgens Michael het hulle op die oggend van 10 November op haar oorskot afgekom.

'n Ondersoek het luiperdspore na aan die hut gevind. "Daar is nie enige ander roofdier hier wat haar sou aanval nie," het Michael gesê.

Maureen se familie in Zürich is gekontak.

Bron: Netwerk24

Lees ook op Netwerk24: