Johannesburg. –

Die gids en sowat ses toeriste het die dier omstreeks 13:00 van ’n oop safarivoertuig dopgehou. Die luiperd was sowat 2 m van hulle af op die H4-1-pad naby die Skukuza-kamp, het William Mabasa, parkwoordvoerder, gesê.

William het gesê die dier het “op geslepe wyse verdwyn”, om die bestuurderskant van die voertuig gesluip en die gids aangeval. Die plaaslike koerant Laevelder het die gids as Curtis Plumb (38) geïdentifiseer.

“Die luiperd het skielik gespring en hom aan die arm gegryp en in die voertuig probeer spring,” sê William. “Almal in die voertuig het die luiperd begin slaan met enige voorwerp wat hulle kon kry. Die dier wou nie die gids se arm los nie, totdat ’n toeris in ’n ander voertuig daarheen gehaas en hom met sy voertuig probeer afskrik het. Hy het eindelik laat los.

“Toe hy tydens die gestoei laat los, het die gids agteruit gery en toe beland die dier onder die wiel. Hy was toe reeds beseer, waarskynlik ná ’n geveg met ’n ander luiperd. Daar’s nie ’n manier dat ons hom kon laat ly nie.”

William sê die dier was erg beseer en moes van kant gemaak word.

Laevelder het die LifeMed-paramedikus Gerty Greyling aangehaal: “Dis moeilik om uit te brei oor die omvang van Curtis se beserings. Die wond sal waarskynlik in die teater skoongemaak word en eers dan sal ’n mens kan sien hoe diep dit is.”

Bron: News24