“Ons wou iets groots, opwindends en vars doen,” sê die WestJet-span.

Die “Kerswonderwerk” het begin met Kersvader wat op skerms in die vertreksale van twee plaaslike vlugte verskyn. Terwyl passasiers vir hom sê wat hulle vir Kersfees wil hê, maak die WestJet-span ongesiens aantekeninge en spring dadelik weg om die geskenke in ’n winkel op te spoor.

Toe die passasiers by hul bestemming land, word die geskenke wat hulle “bestel” het, op die bagasie-vervoerband afgelewer!

Dit is nie die eerste keer dat dié lugredery hul passasiers verras nie.

Kyk hier na ’n video van ’n spesiale flash mob-dans wat WestJet-werknemers verlede jaar gereël het:

Bronne: Forbes.com, huffingtonpost.com, americablog.com

- Saamgestel deur Suzaan Hauman