Die lede het op die parlementêre portefeulje-komitee vir basiese onderwys gedien en was op pad om verskeie skole in die omgewing te besoek.

“Een van die LP’s het op die toneel gesterf. Die ander drie is ernstig beseer,” het Moloto Mothapo, parlementswoordvoerder, bekend gemaak.

Die oorledene se familie moet nog in kennis gestel word.

Meer inligting sal weldra volg.

Bron: news24.com