Sy het geweet hy’s die man vir haar nog voor hy ’n woord met haar gepraat het.

Waar hy in die deur van die restaurant gestaan het, was hy alles wat vir Loui Fish onweerstaanbaar is: die baie tatoes, bultende spiere, sy selfversekerde en rebelse houding…

Dis skaars vier maande ná haar eerste ontmoeting met Bartosz Rachwalski (29), en ’n knewel van ’n diamantring pryk klaar aan haar vinger.

En Loui (39) se huishouding het net so vinnig uitgebrei.