Nou bly daar skaars 24 uur oor voor die kaartjie.

Volgens die lotery-operateur Gidani kry spelers 365 dae ná die trekking om hul geld op te eis. ’n Speler van Mpumalanga het net ’n dag oor om die geld op te eis voor die kaartjie verval.

Dié speler het die regte nommers gehad vir trekking 1193 van 30 Mei 2012. Die wennommers was: 3, 20, 22, 34, 38, 46 en die bonusnommer was 12.

Gidani doen ’n beroep op die speler of gesindikeerde groep spelers om met hul kaartjie die geld op te eis.

Die speler kan na die naaste Gidani-kantoor in Emalahleni (Witbank) gaan of bel hul kliëntediensnommer met navrae by 0800-777-77.