Een gelukkige speler kan die multimiljoenrand-boerpot Saterdag wen, sê Duduzile Ndendwa, ’n woordvoerder vir Gidani, die maatskappy wat die lotery bestuur.

Sy sê R30 miljoen se boerpotte is sedert begin Maart reeds gewen. ’n Inwoner van KwaZulu-Natal het op 5 Maart R12,1 miljoen gewen en op 19 Maart het iemand van Gauteng R21 miljoen gewen.

Die lotto het op 1 Maart sy 14de bestaansjaar gevier en om dit te vier, word R70 miljoen se boerpotte vandeesmaand aangebied. – Sapa