tel. Die kaartjie het vermoedelik by sy oop motorvenster uitgevlieg en op die snelweg beland. Die man, na wat berig word in sy laat dertigerjare is, het langs die pad afgetrek, sy vrou en driejarige kind in die motor gelos en toe die kaartjie van die snelweg probeer optel.

Max Cohen, EMER-G-MED-woordvoerder het gesê die man is deur 'n Jeep getref. Dit het tot 'n kettingbotsing gelei waarby vyf motors en twee motorfietse betrokke was.

Altwee motorfietsryers is op die toneel vir hul beserings behandel voordat hulle na 'n nabygeleë hospitaal geneem is.

Die Ongeluksondersoekeenheid en die spesialiseenheid van die Metropolisie is na die toneel ontbied.

Bronne: News24, arrivealive.co.za