Billboard  het pas hul jaarlikse lysie van die 21 warmste sterre onder  21 uitgereik en Lorde is No.1!

Die 17-jarige sangeres van die treffer Royals het Justin Bieber, 5 Seconds of Summer, Shawn Mendes, Austin Mahone en vele meer om die eerste plek uitgestof.

Die tydskrif reik elke jaar ’n lysie uit van die jong sangers om dop te hou. Besoek billboard.com vir die volledige lysie.