Gebruikers ontvang onverwags 'n e-pos van 'n Pick n Pay-voordoener wat sê jy kwalifiseer vir 'n R700 geskenkbewys om kruideniersware te koop. Maar om dié geskenkbewys te kry, moet jy jou Smart Shopper-kaartnommer inpons.

Die Smart Shopper-kaart bevat lojaliteitspunte wat Pick n Pay-klante opbou hoe meer hulle by dié supermark inkopies doen. Die punte kan uiteindelik in 'n kortingsbewys omskep word waarmee jy afslag op jou inkopies kan kry.

Maar die oomblik wat jy op die skakel kliek en jou Smart Shopper-kaartnommer invul, verdwyn al jou punte!

Die ware Pick n Pay het intussen 'n e-pos uitgestuur waarin dit gebruikers waarsku om nie vir dié foefie te val nie. Die e-pos maak dit duidelik dat Pick n Pay nooit enige persoonlike inligting van hul klante, hetsy hul Smart Shopper-kaartnommer of Identiteitsnommer, sal vra nie.

So loop lig vir sulke slenters!