Dis nou tot tegnologie besluit om ons lewe oor te vat, wat heel moontlik ’n werklikheid kan word.

Die maatskappy NTT Data – ’n Japanese IT-maatskappy – gaan na verwagting vanjaar ’n klein robot, Sota, in Tokio bekendgestel wat sy arms soos ’n klein kind s’n kan swaai en met mense kan praat.

Lees ook: Moderne tegnologie kniehalter selfoondiewe

Dit sal gebruik word in versorgingstehuise vir bejaardes waar hulle met inwoners kan praat, hul ligte kan beheer, hul bloeddruk nagaan en hulle kan herinner wanneer om hul pille te drink.

Volgens navorsing aan die Universiteit van Oxford is ’n studie saamgestel wat gekyk het na nege veranderlikes vir meer as 700 posbeskrywings en bereken het wat die kanse is dat ’n rekenaar daardie werk kan oorneem.

Andy Haldane, hoofekonoom by die Bank van Engeland, sê sowat 15 miljoen poste in Engeland kan eendag deur robotte oorgeneem word. Hulle het uitgewerk dat die rolle wat veral vervang sal kan word, “administratiewe, klerklike en produksietake” insluit, sê hy.

Lees ook: Selfbestuur op die snelweë van Nevada: nuwe Mercedes-Benz E-Klas

Is jy bekommerd dat jou werk dalk een daarvan is? Hier is ’n lysie van werke wat waarskynlik eendag deur robotte oorgeneem gaan word.

  • Biblioteekwerkers
  • Rekeningklerke
  • Versekeringskeurder
  • Wiskundige tegnici
  • Rioolwerkers
  • Telebemarkers
  • Eiendomsnavorser
  • Belastingopstellers
  • Vraghanteerders
  • Horlosieherstellers

Volgens die navorsing deur Oxford het navorsers die aantal veranderlikes vir elke werk bekyk en dit ’n gradering van laag tot matig en hoog gegee.

Hoe laer die veranderlike, hoe meer waarskynlik is dit dat robotte dit in die toekoms sal oorneem. Eenvoudiger gestel, ’n lae veranderlike sou wees die vermoë om ’n gloeilamp in te skroef, matig sou wees om so gou moontlik lemoene in ’n kissie te pak en hoog sou iets soos ’n opehartoperasie wees.

Ander interessante voorspellings oor werke wat deur robotte oorgeneem kan word, sluit in modelwerk en kokke, terwyl werke soos voorskoolonderwys, grimeerkunstenaars, dokters, tandartse en toesighouers in talle bedrywe as veilige werk beskou word.

Bronne: www.forbes.com