Die drie aanvallers, wat valse plofbaadjies gedra het, het kort ná dié aanval in ’n kroeg gejaag en mense met messe aangeval. Een man is vyf keer met ’n mes gesteek.

Ses mense is dood en 48 beseer in ’n moontlike terreuraanval.

Polisie het egter agt minute daarna die drie aanvallers naby die Borough Mark-gebied doodgeskiet.

Een offisier is ook deur die aanvallers in sy gesig gesteek en beseer, maar sy toestand is nie lewensbedreigend nie, berig The Sun.

Alex Shellum, ’n getuie by die Mudlark-kroeg onder die Londense-brug, het aan The Sun vertel hoe ’n vrou die kroeg binnegekom het met ’n oopgesnyde keel.

“Teen om en by 22:00 het ’n beseerde die kroeg binnegekom en gevra vir hulp. Haar nek het ongelooflik baie gebloei en dit het gelyk asof haar keel gesny is.

“Mense het probeer om die bloeding te stop en die kroeg is daarna gesluit,” vertel hy aan The Sun.

Volgens The Guardian is die name van die slagoffers en aanvallers nog nie bekendgemaak nie en word die saak nog ondersoek.

Dié aanval kom kort voor die aanvang van die verkiesing op 8 Junie 2017 en die Manchester-aanval wat 22 mense se lewens geëis het.

Daar is ook Sondag ’n gedenk-konsert, One Love Manchester, om hulde te bring aan die slagoffers van die Manchester-aanval, maar dit is nog nie bekend of die Londense-aanval die gedenk-konsert sal beïnvloed nie.

Ariana Grande sal by dié konsert optree sowel as ander bekendes soos Justin Bieber, Coldplay, Katy Perry, Niall Horan, Robbie Williams en Little Mix.

Bronne: The Guardian, The Sun, BBC.