Lolly Jackson, eienaar van die ontkleeklub Teazers, is Maandagaand vermoor, het die Ekurhuleni-polisie gesê.

Die sosiale netwerk Twitter is ook aan die gons oor dié nuus.

Iemand het glo die polisie gebel en gesê dat hy Jackson geskiet het.

Die polisie het na die Teazers-baas se huis gegaan en sy lyk met talle skietwonde gekry.

Niemand is sover in hegtenis geneem nie.

Bron: huisgenoot.com