Jurassic Park

Daar is nie veel besonderhede oor die storielyn bekend nie, maar die vierde fliek in die reeks, getiteld Jurassic World, speel 22 jaar ná die eerste fliek af. Daar is nou ’n dinosourus-temapark op die Isla Nublar.

Maar die park sukkel om kop bo water te hou en om besoekers te lok stel hulle ’n nuwe aantreklikheid bekend. Omdat dit ’n Jurassic Park-fliek is, loop daar natuurlik iets skeef en breek ’n chaos los.

Steven Spielberg, wat die eerste twee flieks se regisseur was, is terug as uitvoerende vervaardiger. Chris Pratt van Guardians of the Galaxy en Bryce Dallas Howard van The Help speel daarin. Dit word op 12 Junie volgende jaar uitgereik.

Kyk die lokprent hier:

- Petro-Anne Vlok

Bronne: youtube.com, imdb.com, dailymail.co.uk, vanityfair.com, wikipedia.org