Dit handel oor die seksuele molestering van Anna Bruwer deur haar stiefpa oor ’n tydperk van agt jaar.

Toe Anna eindelik vir haar ma vertel, word sy nie geglo nie. Toe sy met die hulp van ’n goedgesinde volwassene ’n saak aanhangig maak, word dit uitgegooi. Die oom is immers ’n ouderling en gesiene man in die samelewing. Die haat het in die jong Anna gegroei en as volwassene was wraak vir haar al uitkoms.

Van die akteurs wat in die fliek te sien gaan wees, is onder andere Charlene Brouwer, Nicola Hanekom, Morné Visser, Marius Weyers, Hykie Berg en Elize Cawood.