Kaapstad – Die gewilde Suid-Afrikaanse musiekduo Locnville is woedend nadat hulle glo by 'n vulstasie in Claremont deur die polisie aangerand is, het Nuus24 berig.

Andrew Chaplin beweer hy en sy tweelingbroer, Brian, het Donderdagoggend saam met 'n vriend by die vulstasie gestap toe hulle deur 'n groep mense beledig is wat nie van hul musiek hou nie.

Die sanger het erken dat hulle gedrink het, maar sê hulle het nie die polisie uitgelok nie.

"Iemand het iets onvanpas aan ons gesê en om een of ander rede het die polisie ons gevolg, in die middel van die pad afgetrek en aangeval. Daarvoor kan ek nie staan nie," het Chaplin gesê.

Hy het gesê die polisie het sy broer met pepersproei gespuit en sy vriend se neus gebreek.

Chaplin het gesê beamptes by die Claremont-polisiekantoor wou hom nie toelaat om 'n formele klag in te dien nie.

Kliek hier om meer te lees.

Volg Nuus24 op Twitter.