.

Dié Suid-Afrikaner bestuur sy eie restaurant, Jan, in Nice, Frankryk, en is Maandag met ’n Michelin-ster beloon vir sy smullekker geregte wat Franse kookkuns met eg Suid-Afrikaanse gunstelinge soos biltong en mosbolletjies kombineer.
Die gesogte Michelin-sterre word jaarliks toegeken en dié restaurant is een van net 52 wat vanjaar ’n ster gekry het. Luidens berigte is Jan die eerste Suid-Afrikaner wat ’n Michelin-ster ontvang. Ander sjefs wat spog met dié sterre is onder andere die Britse sjef Gordon Ramsay. Lees ook: Vier spyskaarte wat jou Valentyn sal laat swymel Die restaurant het in 2013 geopen en Condé Nast Traveller het dit verlede jaar as een van die beste restaurante ter wêreld aangewys, veral danksy die gesonde geregte wat hulle voorsit. Besoekers kan na ’n eg Suid-Afrikaanse ervaring uitsien: van pampoentert en malvapoeding tot viskerrie is op die spyskaart.

Lees ook: Tien heerlike pannekoekresepte vir internasionale pannekoekdag

Jan vertel kleintyd was hy mal oor melkkos en sy ouma se kos het hom aangespoor; dis hoekom hy eerder in die kombuis werskaf as op die familie se melkplaas in Mpumalanga. Melkkos het hom ook ’n idee gegee vir ’n lekkerny wat Suid-Afrikaanse en Franse kos kombineer: die melkkos-makrolletjie!

Tog sal jy jou hand diep in jou sak moet steek as jy in Nice malvapoeding wil eet: ’n Ete vir twee sal jou omtrent R1 800 uit die sak jaag.

– Saamgestel deur Saskia Hill

Ander stories op Huisgenoot.com

Vier spyskaarte wat jou Valentyn sal laat swymel

Deel jou trots op jou dorp met Kwêla

Gedink daar’s net ooievaarstees? Watwou! Bobby hou ’n doekedinee

Man skryf ope brief aan ander mans in die versoeking om te kul: ‘Moenie soos ek met spyt saamleef nie’

Hoekom is daar ’n gaatjie bo-aan my Bic-pen se doppie?

Kyk: Juanita du Plessis verklap haar stoutste oomblik en geheime talent