Liz Hurley en Shane Warne

Liz Hurley het glo haar verlowing met Shane Warne verbreek omdat hy nie ’n troudatum wou vasstel nie.

Die twee ervaar probleme in hul verhouding, en dis glo omdat die oud-krieketspeler nie wou trou nie.

’n Bron het aan The Sun on Sunday gesê: “Sy wou hê hulle moes trou, maar hy was tevrede met die situasie soos dit was. Sy het hul verhouding woedend beëindig. Sy wou by Shane weet of hy van plan is om met haar te trou.

“Sy voel sy is in die steek gelaat. Hulle het groot planne gehad. Sy het werklik gedink Shane is die regte man vir haar. Hy kon hul verhouding maklik gered het as hy net op ’n troudatum wou besluit.”

Liz is glo verpletter. ’n Vriend vertel: “Sy is verpletter oor wat gebeur het. Sy voel sy het baie in hul verhouding belê. Tot onlangs het dit gelyk asof hulle sou trou.”

Shane se vriende sê daar is nog hoop vir die twee. “Daar is beslis baie liefde, en miskien sal Shane tot sy sinne kom.”

- Bang Showbiz

LEES MEER:

Shane soek Liz terug

Liz Hurley en Shane Warne oor sy eks uitmekaar

Is Liz Hurley en Shane Warne uitmekaar?