•  Die groep bestaan uit Perrie Edwards (20), Jesy Nelson (22), Leigh-Anne Pinnock (22) en Jade Thirlwall (20).
  •  Hulle was nie ’n groep toe hulle in 2011 ’n oudisie vir X-Factor gedoen het nie. Die beoordelaars het hulle bymekaargesit – en dit het beslis gewerk!
  •  Hulle hou nie daarvan om te veel lyf op die verhoog te wys nie. “Maar ons wil sexy lyk,” sê Perrie. “Ons is in ons twintigs en wil mooi en koel lyk, maar ons doen dit op ’n meer volwasse manier.”
  •  Nes die Spice Girls het hulle ook byname. Perrie noem haarself Boho Mix, Jesy is Swagger Mix, Jade is Cutie Mix en Leigh-Anne is Fiery Mix.
  •  Voor sy by Little Mix aangesluit het, was Leigh-Anne ’n kelnerin by Pizza Hut en Jesy was ’n kroegmeisie. Jade wou voor haar X Factor-oudisie uitvoerende kunste  studeer.
  •  Perrie is verloof aan One Direction se Zayn Malik. Sy sê hulle gaan dalk in  Barbados afhaak. Ons hoef seker nie te wonder wie die strooimeisies gaan wees nie!
  •  Perrie sê as sy ’n Disney-karkater kon wees, sou sy die Slapende Skoonheid wees omdat sy hou van slaap.

BRONNE: DIGITALSPY.CO.UK, DAILYMAIL.CO.UK, BBC.CO.UK