Die apteker het nie gefrons toe Andries Vermaak* vier botteltjies hoesstroop vra nie. Hy wou ook

nie weet wat dan geword het van die agt botteltjies wat hy net ’n kwartier tevore kom koop het

nie.

En toe die 45-jarige klant die volgende dag weer by dieselfde apteek nóg ses botteltjies hoesstroop

kom vra, het niemand agter die toonbank hul voet dwars gesit nie, al kon hulle op hul rekenaarskerm sien hy het minder as 24 uur tevore met meer as ’n liter hoesstroop uit die apteek gestap.

Dit was ook nie die eerste keer nie – en so het die Adlamsapteek in Carletonville in Noordwes uiteindelik binne minder as vier maande ’n verstommende 183 botteltjies Lenazine Forte-stroop aan Andries verkoop.

Die meeste aptekers weet al as iemand spesifiek vir Lenazine Forte vra, is dit gewoonlik nie omdat hulle met ’n hardnekkige hoesie sukkel nie. Die middel kan verslawend wees en mense wat spesifiek daarvoor vra, is dan ook meermale daaraan verslaaf, sê ’n Johannesburgse apteker.

‘‘Ons stuur hulle gewoonlik daarsonder weg.’’

Die gebruiksaanwysings waarsku dat volwassenes nie meer as 30 ml per dag moet drink nie, en dan verkieslik ook nie meer as vier dae agtereenvolgens nie, voeg aptekers by.

Tog het Adlams-apteek van 1 November tot 21 Februarie vanjaar meer as 18 liter van die stroop aan Andries, ’n ambagsman op die naburige Fochville, verkoop. En dit is maar waarvan sy familie weet, want sy vrou het toe eers snuf in die neus gekry en sy apteekaankope begin dophou.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 22 April 2010.

*‘n Skuilnaam is gebruik

Bespreek vir Skouspel!