[caption id="attachment_88607" align="alignnone" width="620"]Die breinskandering oor tyd (Kopiereg: Nagui Antoun) Die breinskandering oor tyd (Kopiereg: Nagui Antoun)[/caption]

Wetenskaplikes in Brittanje het ’n seldsame lintwurm verwyder en ondersoek wat vier jaar lank in ’n man se brein geleef het, het navorsers Vrydag gesê.

Die parasiet het 5 cm van die regterkant van die brein na die linkerkant beweeg. Die wurm veroorsaak sparganose, ’n inflammasie van liggaamsweefsel wat tot toevalle, geheueverlies en hoofpyn kan lei wanneer dit in die brein voorkom.

Chirurge het dit verwyder en die pasiënt vaar nou sistemies goed, het die Wellcome Trust Sanger-instituut gesê.

Dit was die eerste keer dat die lintwurm, Spirometra erinaceieuropaei, in Brittanje aangemeld is. Sedert 1953 is daar net 300 gevalle aangemeld.

Mense doen dit vermoedelik op deur per ongeluk klein, geïnfekteerde skaaldiere van mere eet, rou amfibiese of reptielvleis eet of deur die gebruik van rou padda-pap, wat ’n Chinese geneesmiddel vir seer oë is.

“Ons het nie verwag om ’n infeksie van dié soort in die Verenigde Koninkryk te sien nie, maar wêreldreise veroorsaak wel dat onbekende parasiete soms voorkom,” het Effrossyni Gkrania-Klotsas van die departement van aansteeklike siektes by Addenbrooke se NHS-trust gesê.

Die span kon die volgorde van die seldsame parasiet se genoom die eerste keer bepaal sodat hulle potensiële behandelings kan ondersoek.

“Ons werk wys, al met klein hoeveelhede DNS van kliniese monsters, kan ons uitvind wat ons nodig het om die parasiet te identifiseer en karakteriseer,” het Effrossyni gesê.

Die dokter het gesê die DNS-studie het die klem geplaas op die belang van ’n wêreldwye databasis vir wurm-genome om parasiete te help identifiseer en behandel.