Lindsay Lohan is tot 300 dae tronkstraf gevonnis, maar sal slegs 30 dae agter tralies wees.

Die 25-jarige aktrise moet teen 9 November by die tronk aanmeld nadat sy erken het dat sy haar paroolvoorwaardes oortree het. Die saak hou verband met ‘n dronkbestuur-voorval in 2007.

Regter Stephanie Saunter het Lindsay gewaarsku dat sy haar gemeenskapsdiens by die lykshuis en haar 19ure by ‘n sielkundige voor 29 Maart 2012 moet voltooi om verdere straf vry te spring.

Indien Lindsay nie aan hierdie vereistes voldoen nie, sal sy die res van haar 270 dae tronkstraf moet uitdien.

Die regter het Lindsay ook verhoed om Twitter te gebruik terwyl sy haar gemeenskapsdiens by die lykshuis voltooi.

Volg Huisgenoot op Twitter.

-BANGShowbiz