Die appel val duidelik nie ver van die boom nie.

Die aktrise Lindsay Lohan, bekend vir haar besoeke aan die tronk, se pa is nou ook agter tralies in Florida.

Michael Lohan kan moontlik tot vier jaar tronkstraf gevonnis word nadat hy op 25 Oktober in hegtenis geneem is.

Pappa Lohan is vasgetrek nadat hy en sy gewese verloofde, Kate Major, handgemeen geraak het.

Hy is ‘n dag later wéér in hegtenis geneem nadat hy die voorwaardes van ‘n tydelike beskermingsbevel oortree het.

Die arme Lohans kan maar net nie uit die nuus (of tronk) bly nie.

Volg Huisgenoot op Twitter.

- BANGShowbiz