Die doelwit van die operasie het nog nie verander na herwinning van hul liggame nie, het die Amcu-leier, Joseph Mathunjwa, Dinsdag gesê.

Lees ook: Polisie red 18 kinders uit SA kerk

Hoewel die reddingsoperasie gestaak is, het Joseph aan News24 gesê: “Ons glo nog dat ons die drie mense sal red. Ons het nog nie die operasie na dié van herwinningspoging verander nie. Dis steeds ’n reddingsoperasie.”

Die vraghouer waarin Pretty Nkambule, Solomon Nyerende en Yvonne Mnisi gewerk het, is verskeie meter onder die oppervlak begrawe nadat dit in ’n sinkgat geval het.

Nadat reddingswerkers dae lank die mynwerkers probeer bereik het, het ’n groot betonstruktuur by die ingang van die myntonnel en grond van ’n heuwel langs die sinkgat in dieselfde gat geval waarin die vraghouer begrawe is.

Lees ook: Pak jou tasse en loop, hoor bejaarde vrou na bewering by ouetehuis

Die reddingswerk is gevolglik opgeskort. Joseph sê senior mynbestuurders het ondergronds gegaan om die stabiliteit van die pilare na te gaan.

“Ons wag vir hul verslag om vas te stel of die reddingsoperasie kan voortgaan.”

Bron: News24

Lees ook op Huisgenoot.com:

Al die Grammy-wenners vir 2016

Leonardo DiCaprio en Maggie Smith se oulike soenkamera-oomblik

Kantoorchaos kom tot ’n einde danksy ‘slim’ stoele

Eend of konyn? Watter een jy sien, verklap baie oor jou