Die Britse sangeres Lily Allen hou in Kaapstad vakansie.

Die 28-jarige sangeres deel gereeld twiets oor haar Kaapse ervaring – en dit lyk of sy die kos in Kaapse restaurante vreeslik geniet.

Haar Kaapse vakansie het moontlik al op 29 Desember afgeskop het toe sy dié twiet gedeel het: “Ek is met vakansie. Hier is sand. Hier is son. Ek is gelukkig.”

Lily het op 2 Januarie ’n foto op Instagram gedeel toe sy by die Pot Luck Club in Woodstock geëet het en het weer op 6 Januarie haar twitter-volgelinge gevra oor waar in Kaapstad sy ’n goeie manikuur kan kry.

Nog Kaapse restaurante waar Lily haar vingers afgelek het, is La Colombe in Constantia en Café des Arts in Franschhoek.

[post-slider]

Hoewel Lily die natuurskoon in Suid-Afrika geniet, lyk dit of sy minder beïndruk is met party van die diere. Sy het gisteraand dié twiet gemaak: “Ek grap nie. Ek sit in die tuin en ’n bobbejaan het pas oor die muur gespring en staar nou na my.”