Baie Suid-Afrikaners onthou nog die grootste opgetekende aardbewing wat Suid-Afrika in 1969 in die Tulbagh-area ervaar het. Daardie aardbewing het 6,3 op die Richterskaal geregistreer en elf mense is dood. Vroeër vandag was daar weer 'n aardskudding in die Tulbagh-omgewing en is selfs sover as Melkbosstrand, Saron en Malmesbury gevoel. Die skudding het 'n paar sekondes geduur en het glo "vensters in hul rame laat skud". Inwoners wat dit gevoel het, het spoedig op Twitter daaroor gegons.

Ian Saunders van die raad vir geowetenskap se seismologiese-afdeling het aan Netwerk24 gesê die skudding het omstreeks 09:15 voorgekom en het 3,7 op die Richterskaal geregistreer.

Geen beserings of strukturele skade is aangemeld nie.

Bronne: Netwerk24; Maroelamedia