“Rugby is oorlog,’’ sê Jannie du Plessis, ’n man wat op die rugbyveld al in die hitte van die stryd vir die beseerde David Pocock van die Western Force toegesnou het: ‘‘Volgende keer breek ek jou nek!’’

Maar wanneer hy as dr. Du Plessis sy pasiënte versorg, kom daar ’n ander, sagter sy na vore.

By die MIV-kliniek wat hy by ’n militêre basis in Durban bestuur, is hy bekend as ’n dokter wat veel meer as sy blote plig doen. Hy dra selfs klere vir behoeftige pasiënte aan.

Nes sy ouboet het Bismarck hom ook vanoggend ná hul oefensessie halfagt saam met die Sharks aangetrek om sy plek by sy ander werk vol te staan – as versekeringsmakelaar.

‘‘Ons ma is baie streng; sy het altyd gesê ons moet geleerdheid kry en as ons dit nie nou gebruik nie, is dit tydmors.

Maar dit hou my en Jannie in elk geval uit die sop,’’ grinnik die haker vir die Sharks en Bokke wat met ’n B.Com.-graad spog.

As spankeuses bloot op grootte gegrond was, sou dié broers enige span loshande kon haal. Hulle is gespierde hemelbesems en ewe talentvol in hul ander loopbane as op die rugbyveld.

Lees meer in Huisgenoot van 12 Mei.