Die Idols-aanbieder Liezel van der Westhuizenhet haar tasse in Johannesburg gepak en is sak en pak Kaapstad toe om aan ’n nuwe ontbytprogram te werk.

Die langbeen-blondine het vertel die leefstylprogram begin op 4 Oktober op SABC3 en sy gaan een van die aanbieders wees.

Tot haar groot vreugde het haar kêrel, Dean Stockenstrom, pas uit die bloute ’n werkaanbod uit Kaapstad ontvang. “Hy is eintlik ’n elektrisiën, maar gaan van November af vir ’n sportmaatskappy werk,” het Liezel opgewonde vertel.