As daar een woord is wat dié pantomime opsom, is dit “pret”.

Van die bekendste name in vermaakkringe hou Margit Meyer-Rödenbeck geselskap op die verhoog. Sy vertolk die naamrol van Liewe Heksie in dié pantomime.

[caption id="attachment_123187" align="alignnone" width="600"]Foto: Geraldina die Geelheks (vertolk deur Loukmaan Adams) en Liewe Heksie (vertolk deur Margit Meyer-Rödenbeck ) / Verskaf Foto: Geraldina die Geelheks (vertolk deur Loukmaan Adams) en Liewe Heksie (vertolk deur Margit Meyer-Rödenbeck ) / Verskaf[/caption]

[caption id="attachment_123189" align="alignnone" width="600"]Foto: Blommie (vertolk deur De Klerk Oelofse) en Kwaaitjie Kabouter (vertolk deur Crystal Donna Roberts) / Verskaf Foto: Blommie (vertolk deur De Klerk Oelofse) en Kwaaitjie Kabouter (vertolk deur Crystal Donna Roberts) / Verskaf[/caption]

[caption id="attachment_123190" align="alignnone" width="600"]Foto: Liewe Heksie (vertolk deur Margit Meyer-Rödenbeck) en Karel Kat (vertolk deur Chris van Niekerk) / Verskaf Foto: Liewe Heksie (vertolk deur Margit Meyer-Rödenbeck) en Karel Kat (vertolk deur Chris van Niekerk) / Verskaf[/caption]

Die Boekklub-akteur Chris van Niekerk speel Karel Kat, Loukmaan Adams as Geraldina die Geelheks, Crystal Donna Roberts van Vallei van Sluiers is Kwaaitjie Kabouter en Anna Davel het die rol van die Feëkoningin oorgeneem by Zanne Stapelberg. Margit se sesjarige dogtertjie, Luca Human, het haar talent by haar ma geërf en speel Matewis.

[caption id="attachment_123192" align="alignnone" width="600"]Foto: Margit se 6-jarige dogtertjie, Luca, vertolk die rol van Matewis / Verskaf Foto: Margit se 6-jarige dogtertjie, Luca, vertolk die rol van Matewis / Verskaf[/caption]

Lees ook: Kyk net wat kyk Steve se hondekinders die graagste op TV

“Ek vertolk die rol van Levinia al soveel jare dat ek al in my slaap geloop en vir my man gesê het: ‘Haai oe, kyk die blomme teen die slaapkamermure,’” sê Margit oor haar karakter.

Lizz Meiring, die vervaardiger, meen dit was ’n uitdaging om wyle Verna Vels se karakters te eerbiedig, maar terselfdertyd was dit ’n vreugde vir haar om deel van die produksie te wees.

“Liewe Heksie: Flower Power was ongelooflik! Dis soos om na ’n produksie in Londen se West End te kyk, maar in Afrikaans! Die vertoning het die kind in my, die grootmens buite my en die performer in my alles bymekaargebring. Ek het lanklaas so gelukkig by ’n vertoning uitgestap!! 10 uit 10,” het die sanger Jak de Priester laat hoor.

Lees ook: Aitsa! Kyk net hoe spoggerig lyk Leandie du Randt met haar korter hare

Die aktrise Marion Holm het almal van die produksie bedank vir die vermaak. “Ek het so lekker gelag en dit so geniet dat ek vanoggend sommer in ’n ekstra goeie bui wakker geword het,” het sy geskerts.

Oud en jonk kan Liewe Heksie: Flower Power in die Brooklyn-teater in Pretoria geniet. Die pantomime word tot 1 Mei vanjaar opgevoer.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Ouers in trane oor jong Asperger-lyer se roerende gedig

Bloemfonteinse bure slaags ná een ander se kietsie in strik vang

Deadpool se Ryan Reynolds en sy mooie vrou, Blake Lively, deel groot nuus

Cruz Beckham volg al singend in ma Victoria se voetspore

Ratse sjimpansee ‘cha-cha’ op kragdrade ná sy ontsnapping