Lika Berning, wat in Liefling en Binnelanders speel, het die naweek haar eerste kind in die wêreld gebring, het Die Burger berig.

Berning, dogter van die aktrise Jana Cilliers en die regisseur Regardt van den Bergh, het gister gesê Hugo Xavier Berning is Saterdag omstreeks 00:50 in die Park Lane-hospitaal in Parktown, Johannesburg, gebore.

Hy het 4,1kg geweeg.

“Dit gaan goed met ons albei. Dit (die geboorte) was die wonderlikste ding ooit.”

Haar man, die akteur Clyde Berning, en hul vroedvrou was by haar. Hulle het aanvanklik ’n watergeboorte beplan. Weens komplikasies moes hulle egter die watergeboorte laat vaar en het hulle na die hospitaal gejaag.

Daar het Berning ’n keisersnee ondergaan.

Hier praat Lika en Clyde oor hulle seun: