IOL berig Eugene Valentine (34) is Sondagoggend doodgeskiet nadat hy in ’n konfrontasie met sy meisie se man betrokke was.

Daar word verstaan Eugene en sy meisie het by vriende gekuier toe haar man daar opdaag en hulle op heterdaad saam betrap het.

Die voorval het op ’n konfrontasie uitgeloop waarna die man glo vir Eugene in die kop geskiet het. “Dis onduidelik waar hy die geweer gekry het,” het ’n polisiewoordvoerder gesê.

’n Moordsaak is intussen geopen.

Bronne: IOL; Daily Voice

Ander stories op Huisgenoot.com:

Die lelikste en mooiste: Oscar-rokke wat wenkbroue lig

Verbygaande verpleegster red man ná weerlig hom tref

10 skreeusnaakse reaksies op Leo se Oscar-glorie

Leonardo DiCaprio se Oscar-droom word uiteindelik waar