Foto: Getty Images

Chris Pratt (38) van veral Guardians of the Galaxy-faam en Anna Faris (40) wat bekendheid verwerf het in Scary Movie (2000), het Sondag in die sosiale media aangekondig dat hul paaie wettiglik gaan skei.

"Ons het vir ’n lank tyd baie hard probeer en ons is rêrig teleurgesteld. Ons seun het twee liefdevolle ouers en om sy onthalwe wil ons graag die situasie so privaat as moontlik hou," skryf Chris in die sosiale media. 

"Ons is steeds lief vir mekaar. Ons sal altyd ons tyd saam koester en respek vir mekaar hê," skryf hy verder.

Anna het dieselfde verklaring op Twitter gedeel.

Die paartjie het in 2007 op die stel van Take Me Home Tonight ontmoet. Hulle het ’n jaar daarna verloof geraak en in 2009 getrou.

Chris en Anna het ’n 4-jarige seun, Jack.   

This little dude is bass fishing crazy. Just like his daddy!

A post shared by chris pratt (@prattprattpratt) on

Chris het in Mei ’n pragtige foto van Anna en Jack in die sosiale media gedeel. "Hoe pragtig is hulle? Ek mis hulle so baie," het hy op Moedersdag geskryf. 

Volgens People was daar die afgelope jaar gerugte dat die paartjie se paaie gaan skei en is Chris selfs sonder sy trouring gewaar. 

Twitter treur

Bronne: People, DailyMail, Mirror.co.uk

 Save