Dit was ’n regte Hollywood-romanse: Die jong Suid-Afrikaanse liedjieskrywer en sanger wat in Los Angeles die man van haar drome ontmoet en binne maande met hom trou.

Hy noem haar sy Springbokkie, en sy hom haar goth-rockerheld.

Maar toe loop dinge lelik skeef tussen Nikki Williams en Nicolas Cage se seun, Weston.

In die nuutste uitgawe van Huisgenoot praat Nikki met ons oor haar swangerskap en die feit dat sy weer terug is in Weston se arms.

‘‘Ek is in die eerste trimester van my swangerskap en my hormone is deurmekaar. Ek huil die een oomblik en jak my man die volgende oomblik af,” vertel sy.

Lees meer in die Huisgenoot van 21 Julie.

Volg Huisgenoot op Twitter.