Hy sal nooit die eerste keer toe hy haar sien, vergeet nie: Dit was 2008, die plek was die IT-gebou by die Universiteit van Pretoria en hy en sy studentemaats het daar rondgehang en die meisies dopgehou wat verbystap.

Toe sien hy haar en weet dadelik sy is Die Een. “Ek het my vriend op die rug geklap en vir hom gesê, sy gaan eendag my meisie wees.”

En kyk nou net: Sy is sowaar, en dis moeilik om jou ’n paartjie met beter skoonheidsgene voor te stel.

Die nuus dat Melinda Bam, Mej. Suid-Afrika 2011, en Adriaan Bergh, Mnr. Suid-Afrika 2011, ’n paartjie is, het bekend geraak ná ’n twiet van Melinda oor die feestyd.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.