Die vernietigende bomaanval by die Boston-marathon, wat op 15 April verlede jaar talle lewens geëis het en ander beseer gelaat het, word kwalik as ’n mooi dag onthou.

Maar een man wat daardie dag deur die bom beseer is, sê dit is die beste ding wat met hom gebeur het.

James Costello het aan die program Today se aanbieders gesê daardie berugte aanval is die rede hoekom hy sy trouvrou ontmoet het.

Hy is die afgelope naweek in Boston getroud met die verpleegster wat hom in die hospitaal versorg het nadat hy maande se operasies en fisieke terapie moes ondergaan.

Hy en Krista D’Agostino het ’n onmiddellike band gesmee wat net hegter geraak het namate Krista hom gehelp gesond raak het, vertel James.

Weldoeners in Boston het alles van die onthaalplek tot die troubeplanner en -video geskenk om Krista en James se spesiale dag moontlik te maak, berig die Daily Mail.

Die pasgetroudes gaan in Hawaii wittebrood hou.

“Sy verpes dit as ek so sê, maar ek is eintlik bly ek is deur die ontploffing beseer, want ek het haar ontmoet,” het James aan die Today-aanbieders gesê.

Bronne: www.dailymail.co.uk, www.today.com, http://www.prudentephoto.com/, www.elitedaily.com,

Capture