AS ’N mens so na die Afrikaanse musieklandskap kyk, wil-wil dit lyk asof die manne koning kraai.

Maar moenie glo nie. Kry Juanita du Plessis,Lize Beekman en Nianell saam in een ateljee, laat die cameras flits, en jy’t magic. Hulle is professioneel.

Sexy. Talentvol.

Toe Steve Hofmeyr se nuwe album, Duisend en Een, kort ná die uitreiking daarvan die nommer-een-posisie op die kykNET-program DKNT se Top-10 haal, het Juanita hom onttroon met haar nuwe album, Engel van my Hart.

Toe die organiseerders van die Fifawêreldbekersokkertoernooi se afsluitingseremonie plaaslike talent soek, wie het die verhoog met die internasionale superstar Andrea Bocelli gedeel? Niemand anders as Nianell nie.

En as jy ’n sanger is in Suid-Afrika en die muse ontwyk jou, by wie klop jy aan vir ’n treffer? Lize Beekman,  natuurlik.

Vandag is hulle groot sterre, maar hulle het klein begin.

Lees meer oor hulle sukses in die lente-uitgawe van Tempo.