Die bekende Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Anton Goosen het aan Huisgenoot verduidelik dat as ’n liedjie eers opgeneem is, mag engiemand ’n herskepping of te wel cover daarvan maak. Hy sê daar is wel grysareas, wat dit moeilik maak.

Dit volg nadat die sangers Theuns Jordaan en Gert Vlok Nel Woensdagoggend aanlyn koppe gestamp het nadat Gert in ’n Facebook-inskrywing gesê het Theuns gebruik sy treffer Beautiful in Beaufort-Wes sonder dat Gert volkome daarvoor vergoed word. Theuns sê die betaling moet vanaf die platemaatskappye kom en het niks met hom uit te waai nie.

Lees ook: Dis Gert vs. Theuns: Wie sing Beautiful in Beaufort-Wes beter?

"Jy mag egter nie die woorde of wysie verander of dit sonder toestemming vertaal nie," het Anton verder gesê.

Luister hier na Anton se verduideliking: