Dis weliswaar oor twee maande sy swanesang op Villa Rosa, maar die veteraan-akteur Lieb Bester kry vir oulaas nog erkenning.

Lieb, wat die rol van Fritz Retief in dié sepie vertolk, sê verfilming aan die reeks eindig in Julie, maar hy is dankbaar dat hy nou as sepie-akteur van die jaar vir die Huisgenoot Tempo-toekennings benoem is.

Ander benoemdes in hierdie kategorie is Erik Holm (Binnelanders), Hans Strydom (Binnelanders), Stefan Ludik (Binnelanders), Theodore Jantjies (7de Laan) en Wilhelm van der Walt (7de Laan)

“Villa Rosa is so ’n andersoortige sepie. Daar is meer drama daarin en my karakter het baie menslike fasette gehad,” meen Lieb.

“Ek sou die gewildheid van Fritz Retief toeskryf aan die karakter se standvastigheid, dat hy as die patriarg in die Villa die dinge ‘bymekaarhou’ (veral as dit lyk of dinge inmekaar wil tuimel) en hy deel graag lewenswysheid, wat aanklank vind by die kykers.”

Lieb sê hy weet nog nie heeltemal wat hy ná die sepie gaan doen nie en oorweeg tans die opsie om ’n landwye konserttoer te onderneem wat fokus op voordrag en musiek.

“Ek sal dalk landwye toere met my trekklavier moet hou, maar dis nie ’n vaste inkomste nie.”

Die ander benoemdes vir sepie-akteur van die jaar is:

  • Erik Holm – Binnelanders
  • Hans Strydom – Binnelanders
  • Stefan Ludik – Binnelanders
  • Theodore Jantjies – 7de Laan
  • Wilhelm van der Walt – 7de Laan
Die toekennings vind op 9 Junie by Emperors Palace plaas en een leser kan ’n splinternuwe Suzuki SX4 1.6 GLX MT-meerdoelvoertuig van R295 900 wen! Al wat jy moet doen, is om vir jou gunsteling te stem.

Stem vir jou gunsteling - klik hier!

600X450