[caption id="attachment_121121" align="alignnone" width="600"]Lianie May maak gereed  by vir haar optrede in Oudshoorn. Foto: Peet Mocke Lianie May maak gereed by vir haar optrede in Oudshoorn. Foto: Peet Mocke[/caption]

Met haar fietse lyfie en oulike danspassies kan mens skaars glo dat ons in September 2015 saam met haar hartseer was oor die dood van haar pa, Niccie Oostuizen. Ons het vir Lianie by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn raakgeloop waar sy vir een aand opgetree het.

[caption id="attachment_121122" align="alignnone" width="600"]Die vietse Lianie in aksie by die KKNK. Foto: Peet Mocke Die vietse Lianie in aksie by die KKNK. Foto: Peet Mocke[/caption]

As jy haar vra wat haar geheim is om haar mooi figuur so mooi slank te hou sê sy, sy sorg dat sy elke dag oefen deur op die trapmeul te hardloop of met die honde te gaan stap.

Maar dan vertel sy jou sommer ook van iets wat baie van haar aanhangers nooit geweet het nie.

“Dit was so in 2012 toe ek vreeslik sleg begin voel het op die verhoog. Ek het hartkloppings gekry en my bloeddruk het vreeslik gestyg. Dit was eenkeer so hoog die dokter het gesê dit was so naby of ek het ’n beroerte gekry.”

Lees ook: Anneli van Rooyen praat oor haar siekte: ‘Soms is daar amper niks van my oor nie’

Niemand kon aanvanlik presies vasstel wat skort nie, maar eindelik is sy met ’n soort uitbranding gediagnoseer. Dit is dieselfde toestand as waaraan oud-president JF Kennedy gely het.

Lianie het medikasie daarvoor gekry en dit was veral die kortisoon wat sy moes neem wat haar baie gewig laat optel het. Sy het ook vir ’n maand afgevat en gaan rus by vriende se vakansiehuis in Mosambiek.

Lees ook: Jay vier 20 jaar in die musiekbedryf; en gesels oor daai val . . .

“Dinge het eers regtig hier in 2014/2015 begin regkom en toe ek met die medikasie ophou, kon ek weer in my jeans begin pas.”

Sy het in daardie stadium het ook ’n vrees vir die verhoog ontwikkel en dit het haar tyd geneem om dit te bowe te kom.

Nou is daar geen keer aan haar nie en sy sien selfs uit na ’n country-fliek, waaraan Sean Else besig is om te werk, waarin sy en Jay du Plessis die hoofrolle gaan vertolk. “Ek het sommer geweet die jaar gaan ’n groot jaar wees.”

– Marelize Potgieter

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Babahondjie ontsnap kake van ’n luislang

Tien wenke oor hoe om ’n prettige Paaseiersoektog vir jou kinders te reël

Kyk: Die internet op hol oor ‘papierdun’ vroue