Die One Direction-sanger Liam Payne sê sy nuwe meisie, Cheryl Fernandez-Versini, is sy “gunstelingvrou ter wêreld”.

Die 22-jarige ster is verlede maand die eerste keer romanties verbind met die voormalige sangeres van die groep Girls Aloud en het sedertdien ’n hele paar kiekies van hulle op sosiale media gedeel.

Liam het Dinsdag ’n foto van Cheryl (32) op Instagram gedeel ter viering van Internasionale Vrouedag.

“Gelukkige #internationalwomensday aan my gunstelingvrou ter wêreld,” het hy daarby geskryf.

Lees ook: Michael Jackson se dogter laat nou behoorlik die koppe draai

“Ek hoop ek maak jou so gelukkig soos wat jy my maak.”

In die foto dra Cheryl ’n oorgroot rooi trui, haar kop is na die kant gedraai met haar hare wat oor haar skouer tuimel en sy glimlag alte liefies vir die kamera.

Nadat die Britse koerant The Sun eerste berig het die twee is ’n paartjie, het Liam die nuus bevestig deur sy Instagram-profielfoto te verander na ’n swart-wit foto van hulle twee.

Hy’t ook sy status verander na “Happy”.

Hul romanse het die oë laat rek oor die ouderdomsverskil en ná sy jongste inskrywing het aanhangers na hom gekap oor hy nie ook sy ma of susters vereer het nie.

Lees ook: Leonardo DiCaprio en Maggie Smith se oulike soenkamera-oomblik

“@Real_Liam_Payne, die man wat sê ’n korttermyn-meisie is sy gunstelingvrou pleks van sy ma. Maar dis nie my besigheid nie,” het een aanhanger geskryf, en nog een het laat hoor: “@Real_Liam_Payne, wat van jou ma en jou susters?!”

In teenreaksie het die ster op Twitter gereageer met: “Sjoe, die internet is darem deesdae ’n donker plek.”

Liam het voorheen twee jaar lank met die student Sophia Smith uitgegaan.

Cheryl is besig om te skei van haar tweede man, Jean-Bernard Fernandez-Versini.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

‘Sy was pragtig van binne en buite’: Franziska se verslae ouers bied groot beloning aan vir inligting

‘Sy is ’n seën van God,’ sê pa van ses wat weggooikind aanneem

Jeanine Victor se Shaun-Michael kry ’n sussie met die mooiste naam!

‘Ek hoop hy weet hoe baie ek hom mis,’ sê Madonna ná sy toesigstryd oor Rocco gewonne gee