Liam Hemsworth en sy vriende het Sondag ’n kroegrekening van R38 000 gekry.

Die 23-jarige akteur en van sy vriende, onder wie die akteur James Marsden, het die middag in die sportkroeg Ainsworth Park in New York deurgebring. Hulle het eers bier en mini-burgers bestel, en toe na tequila oorgeslaan.

Die groep was vyf uur in die kroeg. Daar was geen teken van sy nuwe liefde, Eiza Gonzalez, nie, maar People.com berig hy het met twee vroue gesels wat hy in die kroeg ontmoet het.

Liam het onlangs sy verlowing met Miley Cyrus verbreek. Volgens berigte was Miley verpletter nadat sy foto’s gesien het waar Liam die Mexikaanse aktrise soen – net die dag ná die verbreking van hul verlowing. Sy glo blykbaar Liam is haar sielsgenoot, en het gedink hulle sou hul verhouding kon red.