Ons kan so baie leer uit party van die beste musiekvideo’s van 2015.

via GIPHY

Die ondergenoemde video’s kan ons gelukkig red van “leer op die harde manier”!

Musiekvideo: Bad Blood deur Taylor Swift, met Kendrick Lamar in die hoofrol.

Les geleer: Kies jou span versigtig.

Spandoelwitte herbepaal! Taylor en haar Bad Blood-bende, wat Cindy Crawford, Cara D, Selena Gomez en Karlie Kloss insluit, het ons geleer ’n mens moet jou vriende uiters versigtig kies om die maksimum slagting te verseker.

via GIPHY

Musiekvideo: Feeling Myself, deur Nicki Minaj, met Beyoncé in die hoofrol.


Nicki Minaj - Feeling Myself ft... by vikisergeeva

Les geleer: Tweepersoonspanne is oukei.

’n Belangrike lewensles, aangesien ons nie almal Taylor se span kan haal nie. Wat maak dit nou saak wie almal in jou span is, solank jy en jou heel beste maat kook, nie waar nie?

via GIPHY

Musiekvideo: WTF (Where They From) deur Missy Elliott, met Pharrell Williams in die hoofrol.

Les geleer: Bly getrou aan jouself.

As ons enigiets geleer het uit Missy se triomfantlike terugkeer, is dit dat jy nie by die wêreld hoef aan te pas nie. Die rapper het in hierdie video met haar styl uit die 1990’s voortgegaan, en dit was hare alleen. In 2015.

via GIPHY

Musiekvideo: BBHMM deur Rihanna.

Lewensles: #PayBackTheMoney

Riri se omstrede video het ons geleer as jy weet jy skuld iemand geld, moet jy liewer maar opdok.

via GIPHY

Musiekvideo: Hello, deur Adele.

Lewensles: Dit is goeie maniere om te laat weet jy kom voor jy by iemand opdaag.

Onthou jy daardie 28-sekonde-brokkie wat Adele uitgereik het voor sy dit gedoen het wat moontlik as die grootste terugkeer van die jaar beskou kan word?