Die sak het “effens beweeg” toe die polisie Grey Mpinganjira (32) Sondag by die kontrolepunt voorkeer en eis dat die sak oopgemaak word, het die Zimbabwiese Uitsaaikorporasie (ZBC) berig.

Grey, wat Malawies is, het gesê die slang het reeds drie mense in sy familie se dood veroorsaak, het ZBC laat Maandag in ’n aandnuusbulletin berig. Hy het gesê die reptiel het aan sy oorlede ma behoort, wat dit nes hy in tradisionele rituele gebruik het.

Dit is nie duidelik waaraan die man se ma dood is en of dit was nadat die slang haar gepik het nie.

Die polisie het Grey in hegtenis geneem en sê hy sal weens die besit van ’n slang sonder ’n permit aangekla word.

Hy is op televisie gewys met die slang om sy nek en skouers gekrul.

Die swartmamba word as die dodelikste slang in Afrika besuide die Sahara beskou. Sy neurotoksiese gif kan ’n volwassene binne ure doodmaak.

Die nasionaleparke-owerheid het beslag gelê op die vreesaanjaende reptiel.

Bron: News24