Die ontleding van ’n grondmonster wat deur die Curiosity-verkenningstuig op Mars geneem is, dui daarop dat lewe op Mars wel eenmaal moontlik was.

Volgens Nasa-navorsers het die grondmonster klinkklare tekens van waterstof, koolstof en suurstof op Mars gevind. Dié elemente is almal nodig om lewende organismes te onderhou.

“ ’n Sentrale vraag vir hierdie sending was of Mars ’n bewoonbare omgewing kon ondersteun,” het Michael Meyer, leier van Nasa se ruimteontdekkingsprogram vir Mars, gesê.

“Uit die inligting wat ons ingewin het, is die daardie antwoord ja.”

Bron: Nuus24 en Nasa