Sedert sy dood in 2009 rou aanhangers van die koning van popmusiek getrou, maar nou is die internet op hol omdat Michael glo opgemerk is in ’n selfie van sy dogter.

if you give a little love, you can get a little love of your own.

A photo posted by Paris-Michael K. Jackson (@parisjackson) on

Paris Jackson, sy 18-jarige dogter uit sy huwelik met die verpleegster Debbie Rowe, het vroeër vanjaar ’n foto van haarself op Instagram gelaai waar sy in ’n motor ry. ’n Dowwe figuur of objek op die agtersitplek blyk glo om Michael te wees. Die figuur lyk baie na Michael wat sy kenmerkende swart fedora-hoed dra en ’n bandana aanhet.

Hoewel die foto ’n paar weke gelede opgelaai is, gons die internet nou eers nadat een aanhanger opgemerk het die figuur op die agtersitplek lyk na Michael en ’n reuse debat daaroor ontketen het.
  — Chris Lapre (@chris_lapre) September 5, 2016

Hoewel sommige internetgebruikers vas oortuig is dis die Billie Jean-sanger, glo ander weer dis ’n blote foefie of toeval.

Kyk mooi!

michael

Bronne: Twitter, Instagram