Dié instelling in talle Suid-Afrikaanse huishoudings verskaf al oor die afgelope byna vier dekades leesstof aan die publiek. Nou het dié klub die skokaankondiging op hul Facebook-blad gemaak dat konsultasie van stapel gestuur is om oor die toekoms en moontlike sluiting van Leserskring te besin.

"Dit is met swaar harte dat ons julle in kennis stel dat kosultasie op 11 Januarie 2016 met die boekklubs se personeel begin het oor die moontlike sluiting van Lesersking/Leisure Books," het hulle geskryf.

Lana Barnett, uitvoerende hoof van Leserskring/Leisure Books, het by navraag aan Netwerk24 bevestig dat daar oor die maatskappy se toekoms besin word.

“Die sakerasionaal is dat dit ’n volwasse besigheid is wat nie volhoubaar is en groeipotensiaal het nie,” het Lana gesê.

Die groep het egter hul lede gerusgestel dat enige bestellings wat in hierdie onsekere tyd geplaas word, of reeds geplaas is, steeds versend sal word. "Ons lede bly ons hoogste prioriteit in hierdie moeilike tyd," het hulle gesê.

'n Deelnameproses waar personeellede alternatiewe voorstelle kan gee, begin vandeesweek waarna 'n finale besluit bekend gemaak gaan word.

Bronne: Netwerk24; Facebook

Lees ook:

Ruim op en spaar geld

40 jaar later: ’n Terugblik na TV se babatreë