Na aanleiding van die pragtige foto's wat Elizma Theron op sosiale media gedeel het, het ons lesers Dinsdag gevra om hul swangerskapfoto's met ons te deel. Dit het groot reaksie ontlok – ons deel graag ’n paar van dié foto’s met julle.

Ilze-Marie Otto

Dié foto's is deur Ilze-Marié Otto ingestuur. Kyk net hoe oulik is die koms van hul seuntjie, Zian, aangekondig.

swanger Audrey Conan Willemse

’n Baie trotse ouma, Jolene Mettler, het dié foto’s van haar dogter en skoonseun, Audrey en Conan Willemse, gedeel. Jolene vertel vir ons dat daar ’n seuntjie op pad is en dat hy Caden Joshua Willemse gaan heet.

michelle en christo

Ons glo Michelle Barnard en Christo kan nie meer langer wag vir die aankoms van kleine Tyler nie.

marilize pieters

’n Stralende Marilize Pieterse het hierdie foto van haar wat sewe maande swanger is, met ons gedeel.

anneke hattingh

Anchery en Gert van Dyk bestempel hul swangerskap as ’n seën. Seuna Diandrè van Wyk – jy moet weet jou toekomstige ouers geniet elke oomblik en kan nie wag vir jou om te arriveer nie!

jannetjies

Linky Jannetjies vertel vir ons dat hul dogtertjie op 19 Januarie 2016 verwag word.

janie opperman

Janie Opperman het haar foto’s van haar swangerskap met Miané gedeel.

Lees ook:

Hoe om vir swangerskap voor te berei

VIDEO: Ousus smeek bababoetie om uit swanger mamma se maag te kom